Doodloopstraat Hoofstuk Een Margaret Terblanche Antoine de Villiers Kortverhaal Spanning

Die Kroeggeveg (Doodloopstraat 1)

JP poets daardie aand die kroegtoonbank oor en oor. Nie dat dit besonder vuil is nie. Dit is net ‘n uitstekende verskoning om die vreemdeling in die hoek dop te hou. Hy is hulle enigste klant, al is dit somervakansie en hoogseisoen vir Bergtoerisme. Sedert Pa se dood is dit asof die Obertass se vloei van kliënte aan’t opdroog is. Dit kan ook wees sedert Tendos dorp toe gekom het, maar JP wil nie vanaand daaraan dink nie. Ma is ook nie naby om hom te betig omdat hy ‘n kliënt aangaap nie. Vee-vee vorder hy dus heen en weer […]

de villiers kajuitraad met 'n karakter

Kajuitraad met ‘n karakter – Antoine de Villiers

Dis vandag weer tyd om kajuitraad te hou met ‘n karakter. *doen ‘n oorlogsdans van opgewondenheid* De Villiers is die hoofkarakter in my nuwe kortverhaal Doodloopstraat, wat DV volgende week op my blog begin. Begin? Ja, dis reg! Dit gaan weer ‘n vervolgverhaal wees, soos wat ek verlede jaar met Cavadd gemaak het. Maak julle dus reg vir ‘n hele paar maande van ‘n lekker, spannende storie. Wie’s de Villiers? Soos reeds vermeld is Antoine de Villiers die hoofkarakter in Doodloopstraat. Twee dinge let mens dadelik van hom op: sy lengte en sy oë. Hy is baie kort, buitengewoon eintlik, […]