Hallo, 2018!

Voorspoedige nuwejaar, vriende! Ek bid dat 2018 vir julle almal ‘n mooi, uitdagende, vreugdevolle jaar sal wees. So op die eerste dag van ‘n nuwe jaar voel ek altyd ‘n bietjie senuweeagtig…dit voel so asof ‘n mens met ‘n stuk wit papier in jou hande staan en dat dit die maklikste ding in die wêreld is om dit te vermors. Nou, ek hoop julle almal teken net mooi goed op julle papiere! So van teken gepraat… Ek het hierdie jaar begin met ‘n ‘bullet journal’ Punteplan, lysiedagboek, kunsdagboek…die ding het nie ‘n behoorlike Afrikaanse naam nie! Verskoon my dus as […]

world record

Ons probeer ‘n wêreldrekord breek!

Een bundel, honderd skrywers. Ek is tans een van honderd-en-twaalf deelnemers wat probeer om die Guinness Wêreldrekord te breek vir die meeste outeurs wat bydra tot ‘n kortverhaalbundel. Die huidige rekord word gehou deur ‘n groep van vyftig mense. Ons probeer ‘n bundel publiseer met ‘n honderd stories van ‘n honderd unieke outeurs. En, die uitgewer en brein agter die operasie is ‘n Suid-Afrikaner van die Kaap! Ek is baie opgewonde om aan hierdie geskiedkundige poging deel te neem (en dit is NIE net omdat ek dink die sertifikaat sal oulik lyk op my muur nie), maar daar is een […]