‘n berg van skuld en skaamte en sonde op die bloeiende skouers van die Onskuldige die GalileĆ«r veragting en spot die Lam is sterwend maar hy gee nog genade: ‘vanaand in die paradys, saam met My, die Nasarener.’
Sleutelwoord: Jesus Christus
Die ryk Man
Ryk man aan bedelaar: “Ek gee jou alles, in ruil vir ‘n enkele rand.” Maar ek, ellendige bedelaar, het niks om vir my verlossing mee te betaal. En die ryk Man hou sy hand uit, sy deurboorde hand. “Hier, broer, is jou rand.”