Hier is ek uiteindelik weer met ‘n paar kreatiewe karnuffelings. Soos jy miskien sal oplet, het my blog ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die afgeloep twee maande. Buiten vir die opwindende nuwe styl, is daar ook allerhande nuwe plasings wat oppad is. Hou gerus julle oë oop! Sonder meer dan:
Sleutelwoord: Inspirasie
Inspirasie vir die vale #5
Inspirasie vir die vale #4
Na ‘n wekelange stilswye is ek darem weer hier met ‘n paar stukkies inspirasie. Laat weet my of dit jou skryfspiere geprikkel het!
5 liedjies wat ek luister as ek skryf
Musiek is vir my ‘n groot bron van inspirasie. Dit help my om te konsentreer, en ook om my stories se tonele duideliker in my kop te kan sien. Elkeen van my ‘groot’ stories het natuurlik ‘n aparte speellys. Daar is egter party liedjies wat net lekker skryfliedjies is, maak nie saak wat jy mee …
Inspirasie vir die vale #2
Hier is ‘n paar lekker idees om jou kreatiewe denke aan die gang te kry! So ‘n reënerige aand is mos net mooi reg vir skryf…