Hoe kan dit?

vra ek, vriend, vir jou vandag hoe kan dit? hoe mag ons ingaan voor Sy glorieryke mag?   verduidelik, vriend, ek pleit by jou hoe werk dit? hoe kan ‘n Heer, regverdig, heilig in liefde ons aanskou?   hoor my, vriend, dit brand in my die antwoord: Jesus Christus Lewe.

Redelik

om een of ander rede is ons ontwaak in hierdie spesifieke eeu ‘n hele wye tydlyn maar hiĆ©rdie is ons dag iets te laat en iets te doen netnou, is dit nag   om een rede en geen ander is ons in hierdie eeu geplaas en wonderbaar gered met Goddelike hand met een doel en geen ander soli Deo gloria