Camp NaNoWriMo Voorbereiding!

Dis Maartmaand, wat beteken dit is weer tyd om voor te berei vir Camp NaNoWriMo. Nou, vir die van julle ouens wat dink ek praat skielik Koerdies, Camp NaNoWriMo is ‘n virtuele skryfgeleentheid wat elke jaar in April en Julie gehou word. Dit is verbonde aan National Novel Writing Month (NaNoWriMo) wat elke jaar in November gehou word. Vir NaNoWriMo moet ‘n mens 50k woorde in Novembermaand skryf om te wen. Camp NaNoWriMo is ietwat makliker. Of, dit┬ákan┬ámakliker wees. Mens kan daarvoor jou eie doelwit opstel (bv 1000, 3000, of hoeveel ookal woorde). My doelwit vir April se Camp NaNo […]