Die vrou met die hare (Doodloopstraat 2)

Die eerste ding wat Antoine sien, toe hy uiteindelik uit die bodemlose put van vergetelheid swem en die oppervlak breek, is die seun van die kroeg wat hom met bekommerde oë aanstaar. Die kind skyn in ‘n wolk te sweef. ‘N Paar keer moet Antoine sy krapperige oë knip voordat hy darem sien dat die kind op die punt van ‘n bed sit. ‘N Bed waarin hy wat Antoine is skynbaar lê. Links van hom voel hy nog iemand staan. Sy nek kraak toe hy sy kop draai. ‘N Vrou staan langs die bed, haar ligte hare in ‘n kroon […]