Welkom by Inkswaard!

 

 

 

Ek is bly jy is hier, vriend. 

My naam is Margaret en my droom is om stories te skryf wat eer aan die Here bring. Stories wat mense laat droom. Dink. Lag. Die wêreld verander.

Dit is ‘n uitdagende, maar kosbare paadjie en ek hoop dat ek dit met jou sal kan deel op hierdie blog.

Dus, kry vir jou ‘n lekker koppie koffie (of dalk rooibostee, as jy soos ek is) en sit gemaklik agteroor. Laat my toe om, soos die troebadoere van ouds, jou te vermaak met rym en verhaal.

Groete,

Margaret

 

Inkswaard Blog Margaret Terblanche

 

Inkswaard Blog Margaret Terblanche

 

In die Pyplyn Margaret Terblanche Inkswaard

 

Inkswaard Blog meer oor my margaret terblanche