Meer oor my

Welkom op my blog!

Margaret Terblanche Logo

Wie is ek?

Ek is ‘n Christenskryfster wat onder die naam Margaret Terblanche skryf. Ek woon in die Jakarandastad saam met my gesin en honde. In my vrye tyd (wanneer ek nie agter ‘n rekenaar sit nie) berei ek my voor om ‘n goeie huisvrou te wees, doen ek graag ballet of speel altviool en maak ek vreemde grappe.

Wat skryf ek?

Enigiets, basies.

Die roman waaraan ek hoofsaaklik op die oomblik werk is ‘n laefantasieverhaal (d.w.s. fantasie sonder toordery) en dit is deel van ‘n reeks van vyf. My ander groot projek op die oomblik is ‘n spioenasieverhaal. Die kortverhale wat ek af en toe hier op my blog publiseer wissel tussen skop-skiet-en-boomklim cowboy-stories en…wel, ander stories waarin daar ook geskop, geskiet en boomgeklim word. Ek hou van aksie, sien.

Waarin glo ek?

Ek glo in die Drie-enige God, Vader, Seun, en Heilige Gees.

Wat is ‘n paar lukrake feite oor my?

 

    • Ek hou van messe.
    • Ek was nog nooit in ‘n skool nie.
    • My gunsteling kleur is geel.
    • Water is my gunsteling drankie.
    • Ek kan lug deur my een oog uitblaas.

Hoe kry mens my in die hande?

Mens vind nie vir Margaret Terblanche as sy nie gevind wil word nie…

Grappie.

Stuur vir my ‘n epos:¬†hallo@margaretterblanche.com

Of volg my op Instagram: @inkswaard