Kortverhale

Titel: Die lang arm van die ongereg

kortverhaal chess buys

Genre: Speurverhaal/spanning

Stadium: Buitelyn

Opsomming:

1633h, Kruisvoorstasie, Ewanicum, die koninkryk van Praida.

Sewe mans met Heckler&Koch masjiengewere stap in en brand op die skare los. Bloed en liggame saai oor die marmervloere. Die wat nie deur die eerste sarsie gedood word nie slaan gillend en kermend voor die skutters op die vlug.

Een man bly staan en skiet terug.

Chess Buys se beste vriend en medekonstabel, Mauritz Rousseau, se dapper optrede red talle mense se lewens. Maar terwyl Mauritz in kritieke toestand in die hospitaal lê, kom daar vreemde dinge aan die lig.

In die eerste plek moes Mauritz glad nie op die stasie gewees het nie. Hy was veronderstel om op sy motorfiets op patrollie te wees, tien kilometer daarvandaan. In die tweede plek word daar tussen die gewondes ‘n meisie gevind met sy boeie om haar polse. Dit is Iryna Vermaak, die ontvoerde dogter van ‘n ryk sakeman, en Mauritz se DNA is onder haar vingernaels.

Wanneer die veiligheidsdiens vasberade blyk te wees om Mauritz die skuld te gee, nie net vir die ontvoering nie maar ook vir die terroriste-aanval, is dit Chess wat alles op die spel plaas om sy vriend se onskuld te bewys. Met die hulp van die eksentrieke speurder, Jean-Jacques Brink, en teen die bevele van sy sersant, sy ma en selfs die hoof van die polisiediens in, begeef Chess hom in ‘n gevaarlike wêreld van terrorisme, korrupsie en bendegeweld.

Aantal woorde: NVT

Reeks: Chess Buys-stories