die klant kurt landsberg

Die Klant

Dit is ‘n yskoue wintersaand in Richmond. In die verwaarloosde kafeetjie aan die rand van die dorp sit Kurt Landsberg ‘n toebroodjie en eet. Kaas-en-ham. Dit smaak om een of ander rede so klein bietjie na Omo, maar Kurt is te honger om om te gee. Die kafeetjie by die petrolpomp is die enigste plek in die dorp wat nog oop is. Kurt weet, want hy het tyd gehad om die hele dorp deur te stap terwyl hy vir sy toebroodjie gewag het. Hy sink sy tande in die olierige brood weg en gee ‘n klein suggie van genot. Dit […]

Kurt Landsberg Die voetganger

Die Voetganger

Kurt Landsberg het in sy lewe al by baie plekke ingeloop. Stasies en hotelle en winkels en lughawens en kerke en stowwerige kroegies in die Bosveld waar konsertinamusiek oor die radio speel. Hy’t ook al in baie goed vasgeloop. Bedkassies en deure en die hoek van ‘n toonbank en ander mense en ‘n dronk ou in ‘n Bosveldkroeg se vuiste. Kurt het nie verwag dat die ou met sy vaatjielyf so vinnig kan beweeg nie. Sy linkeroogbank staan nou nog ‘n blou en opgehewe knop. Die ding egter waarin Kurt hom al die heel meeste vasgeloop het is moeilikheid. Dis […]

Doodloopstraat Hoofstuk Een Margaret Terblanche Antoine de Villiers Kortverhaal Spanning

Die Kroeggeveg (Doodloopstraat 1)

JP poets daardie aand die kroegtoonbank oor en oor. Nie dat dit besonder vuil is nie. Dit is net ‘n uitstekende verskoning om die vreemdeling in die hoek dop te hou. Hy is hulle enigste klant, al is dit somervakansie en hoogseisoen vir Bergtoerisme. Sedert Pa se dood is dit asof die Obertass se vloei van kliënte aan’t opdroog is. Dit kan ook wees sedert Tendos dorp toe gekom het, maar JP wil nie vanaand daaraan dink nie. Ma is ook nie naby om hom te betig omdat hy ‘n kliënt aangaap nie. Vee-vee vorder hy dus heen en weer […]

Rikus Edi

Kajuitraad met ‘n karakter – Rikus Edi

Party van julle sal dalk onthou dat ek begin van die jaar Rikus Edi se storie, Cavadd, as ‘n vervolgverhaal op my blog geplaas het. Ek het probeer om elke week ‘n hoofstuk op te sit, maar dit het meer dikwels uitgewerk op ‘n hoofstuk per maand. En ek het nooit tot by die einde van die storie gekom nie. Nou, oorspronklik was die idee dat Cavadd gaan bly net soos hy is. Ek het intussen agtergekom dat ek hom graag weer wil nasien, redigeer en ‘n paar praktiese dinge aan die storielyn wil verander. As hy dan behoorlik reggemaak […]

karakter Andrew

Kajuitraad met ‘n karakter – Andrew Lucas

Dis ‘n hartseer dag vandag. Met hierdie kajuitraad met ‘n karakter sluit ek my werk aan Giddy se storie af en ek gaan die karakters baie mis. Maar, soos Doyle verlede week voorgestel het, moet ek maar net nog ‘n storie oor hulle skryf. Vandag se onderhoud is bietjie anders as die vorige drie. Andrew is nie ‘n man wat daarvan hou om te praat nie, en hy het my mooi gevra dat ek maar liewer vir hom ‘n brief moet skryf. En omdat hy ‘n gawe ou is het ek maar ja gesê. (En ook omdat ek graag wil […]

Doyle Karakter

Kajuitraad met ‘n karakter – Jacob Nathaniel Doyle

Het jy al gewonder wat is die titel van my Giddy storie? Nou, ek ook. Gelukkig het ek darem ‘n stukkie inspirasie gekry voordat ek hom verlede week moes instuur. Ek het hom “Uncles and Outlaws” gedoop. Saterdagoggend vroeg het ek hom ingestuur en gedurende die naweek my naels byna tot by die elmboog afgekou. En…hy’s aanvaar! Ek is nou amptelik deel van die honderd skrywers wat mense gaan lastigval om ‘n reuse bundel kortverhale te koop sodat ons ‘n Guinness Wêreldrekord kan breek. Vandag is dit weer tyd vir ‘n karakteronderhoud, en ek gesels met Tom Selleck Jacob Nathaniel […]

Cavadd Christia

Cavadd IV – Christia

Sy word wakker in ‘n halfdonker vertrek. Die enigste lig brand vanaf ‘n enkele kersvlammetjie op die tafeltjie langs haar bed.
‘n Lang ruk lê sy stil.
Die lakens is skoon en koel, waar haar kaal bene en handpalms daarteen rus. Die kussing is stewig, haar hare effens natgesweet. Sy kan geen geluid bo die gehamer van haar eie polsslag in haar ore hoor nie.
Sy sit regop.

Klipengel

My nooi se naam is Hadeda, Hadeda Willemse. Wat haar ouers gedink het toe hulle haar dié naam gegee het sal g’n mens ooit weet nie. Hadeda Willemse is die meisie wat die minste na ‘n hadeda lyk het van al die meisies wat ek ken. Klein, fyn, met ‘n rosige mondjie en ragfyn goue krulle. As sy praat met haar melodieuse, soet stemmetjie is daar geen sprake van ‘n hadeda se gekrys nie. Maar dit is juis oor daardie soet stemmetjie van haar, en my gehegtheid daaraan, wat ek in hierdie hele gemors beland het. Sien, Hadeda het my […]