Danda

Boekresensie: Danda

Danda se pa kort hulp. As dit nie was dat Danda die brief onder tant Maria se kopkussing uit gaan gaps het nie, dan het hy ook van die hele gemors niks geweet nie. Hulle sê hom mos nooit niks nie. Hulle wil Danda se pa se skip vat. Sommer vat, omdat hy nie die geld klaar betaal kry nie. Danda beplan al lankal om pad te gee daar uit die boendoe na sy pa toe. Weg van tant Maria-hulle, wat hom maar altyd stief behandel. Daarvoor het hy en Ou-Faans die bamboesvlot by die rivier aanmekaargetimmer. En geld het […]

Hallo, 2018!

Voorspoedige nuwejaar, vriende! Ek bid dat 2018 vir julle almal ‘n mooi, uitdagende, vreugdevolle jaar sal wees. So op die eerste dag van ‘n nuwe jaar voel ek altyd ‘n bietjie senuweeagtig…dit voel so asof ‘n mens met ‘n stuk wit papier in jou hande staan en dat dit die maklikste ding in die wêreld is om dit te vermors. Nou, ek hoop julle almal teken net mooi goed op julle papiere! So van teken gepraat… Ek het hierdie jaar begin met ‘n ‘bullet journal’ Punteplan, lysiedagboek, kunsdagboek…die ding het nie ‘n behoorlike Afrikaanse naam nie! Verskoon my dus as […]

Oktober Afsluiting

Geseënde Reformasiedag, vriende! Vandag, vyfhonderd jaar gelede het ‘n ou met die naam Luther met ‘n hamer besig geraak en die Protestantse Reformasie begin. Hy’t sy vyf-en-negentig stellinge wat die Roomse leer in twyfel getrek het teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Dit was ‘n klein vlammetjie wat ‘n groot brand aangesteek het. Honderde duisende mense het hulle lewens verloor in die stryd om geloofsvryheid. Vandag herdenk ons hulle opoffering, en die Here se groot genade dat Hy hulle versterk en bewaar het. Deur sy genade het Hy ook hulle leer en nagedagtenis so gebruik dat ons vandag nog saam […]

Redelik

om een of ander rede is ons ontwaak in hierdie spesifieke eeu ‘n hele wye tydlyn maar hiérdie is ons dag iets te laat en iets te doen netnou, is dit nag   om een rede en geen ander is ons in hierdie eeu geplaas en wonderbaar gered met Goddelike hand met een doel en geen ander soli Deo gloria

‘n Inleiding tot die land van Praida – (Deel I)

Meeste van my stories, asook my huidige storie-in-wording Die Troue Kroon, speel in die fiktiewe land Praida af. Vandag gee ek julle ‘n kykie agter die skerms. Ek beplan om hierdie so bietjie van ‘n reeksie te maak, miskien so drie of vier plasings, want daar is ‘n hele paar dinge wat ek graag vir julle wil vertel van Praida. Ek is so trots op hierdie landjie asof ek hom self uitgedink het. Wag…ek het! 😉 Wat ek nog vandag gedoen het, is ek het die bladsy oor my stories-in-wording opgedateer. Daar is nou allerhande oulike prente en goete daar. […]

doring in my voet

‘n Doring + bestuurslesse + ‘n flitsverhaal

‘n Doring in die vlees   Hoe word ‘n mens ‘n Margaret? Dit is baie eenvoudig. STAP EEN: Kom aanhoudend simpel goed oor. Gister, byvoorbeeld, het ek in ‘n doring getrap. So ‘n lekker, vyf sentimeterlange pendoring. Hy’t hier in die sagte vleisies by my voetbrug ingesteek en toe ook summier daarbinne afgebreek toe ek hom probeer uittrek. Soos pendorings maar geneig is om te doen. Ek het al dikwels dorings in my voete gehad, en hulle ook net so dikwels self daar uitgegrawe.  ‘n Mens kan maar sê ek is ‘n professionele doring-met-speld-uit-voet-haler. Hierdie kalant was egter nie ‘n […]

VerbeeldingVrydag

VerbeeldingVrydag #1

Toe ek gaan sit om hierdie blogplasing te skryf, besef ek skielik dat ek ‘n groot probleem het. Op Woensdae het ek nou begin om ‘n Writing Prompt Wednesday op die Engelse been van my blog te doen (hierdie week is die week van nuwe dinge op Inkswaard) en my plan is om nou op die Afrikaanse kant elke week ‘n VerbeeldingVrydag te hou. Die vraag is net: WAT IS ‘N WRITING PROMPT IN AFRIKAANS?! Ek het verskeie dinge probleem. Skryfprikkel? Skryfaanmoediging? Skryfpor? Kreatiewe karnuffeling? Ek moet erken dat ek raad-op is. Die ou wat vir my ‘n goeie vertaling […]