die klant kurt landsberg

Die Klant

Dit is ‘n yskoue wintersaand in Richmond. In die verwaarloosde kafeetjie aan die rand van die dorp sit Kurt Landsberg ‘n toebroodjie en eet. Kaas-en-ham. Dit smaak om een of ander rede so klein bietjie na Omo, maar Kurt is te honger om om te gee. Die kafeetjie by die petrolpomp is die enigste plek in die dorp wat nog oop is. Kurt weet, want hy het tyd gehad om die hele dorp deur te stap terwyl hy vir sy toebroodjie gewag het. Hy sink sy tande in die olierige brood weg en gee ‘n klein suggie van genot. Dit […]

Camp NaNoWriMo Voorbereiding!

Dis Maartmaand, wat beteken dit is weer tyd om voor te berei vir Camp NaNoWriMo. Nou, vir die van julle ouens wat dink ek praat skielik Koerdies, Camp NaNoWriMo is ‘n virtuele skryfgeleentheid wat elke jaar in April en Julie gehou word. Dit is verbonde aan National Novel Writing Month (NaNoWriMo) wat elke jaar in November gehou word. Vir NaNoWriMo moet ‘n mens 50k woorde in Novembermaand skryf om te wen. Camp NaNoWriMo is ietwat makliker. Of, dit kan makliker wees. Mens kan daarvoor jou eie doelwit opstel (bv 1000, 3000, of hoeveel ookal woorde). My doelwit vir April se Camp NaNo […]

Die vrou met die hare (Doodloopstraat 2)

Die eerste ding wat Antoine sien, toe hy uiteindelik uit die bodemlose put van vergetelheid swem en die oppervlak breek, is die seun van die kroeg wat hom met bekommerde oë aanstaar. Die kind skyn in ‘n wolk te sweef. ‘N Paar keer moet Antoine sy krapperige oë knip voordat hy darem sien dat die kind op die punt van ‘n bed sit. ‘N Bed waarin hy wat Antoine is skynbaar lê. Links van hom voel hy nog iemand staan. Sy nek kraak toe hy sy kop draai. ‘N Vrou staan langs die bed, haar ligte hare in ‘n kroon […]

Kajuitraad met ‘n karakter – JP Fourie

Wie’s JP? JP is, in sy eie mening, ook die hoofkarakter van Doodloopstraat. En die knaap het eintlik reg. Helfte van die hoofstukke, onder andere die eerste een, is uit sy oogpunt geskryf. En hy speel op die ou end ook ‘n baie belangrike rol in die storie… Wat voorkoms betref is JP ‘n taamlik generiese dertienjarige. Sy ore is bak, sy hare deurmekaar en sy oë skitter van ‘n soort brutale astrantheid. Hy het nog nie begin groei nie. Darem is sy ma en pa altwee lang mense, en sy oom is ‘n reus, so hy hoop om binnekort […]

liedjies

5 liedjies wat ek luister as ek skryf

Musiek is vir my ‘n groot bron van inspirasie. Dit help my om te konsentreer, en ook om my stories se tonele duideliker in my kop te kan sien. Elkeen van my ‘groot’ stories het natuurlik ‘n aparte speellys. Daar is egter party liedjies wat net lekker skryfliedjies is, maak nie saak wat jy mee besig is nie. Hier is ‘n paar van hulle:

Kurt Landsberg Die voetganger

Die Voetganger

Kurt Landsberg het in sy lewe al by baie plekke ingeloop. Stasies en hotelle en winkels en lughawens en kerke en stowwerige kroegies in die Bosveld waar konsertinamusiek oor die radio speel. Hy’t ook al in baie goed vasgeloop. Bedkassies en deure en die hoek van ‘n toonbank en ander mense en ‘n dronk ou in ‘n Bosveldkroeg se vuiste. Kurt het nie verwag dat die ou met sy vaatjielyf so vinnig kan beweeg nie. Sy linkeroogbank staan nou nog ‘n blou en opgehewe knop. Die ding egter waarin Kurt hom al die heel meeste vasgeloop het is moeilikheid. Dis […]

Doodloopstraat Hoofstuk Een Margaret Terblanche Antoine de Villiers Kortverhaal Spanning

Die Kroeggeveg (Doodloopstraat 1)

JP poets daardie aand die kroegtoonbank oor en oor. Nie dat dit besonder vuil is nie. Dit is net ‘n uitstekende verskoning om die vreemdeling in die hoek dop te hou. Hy is hulle enigste klant, al is dit somervakansie en hoogseisoen vir Bergtoerisme. Sedert Pa se dood is dit asof die Obertass se vloei van kliënte aan’t opdroog is. Dit kan ook wees sedert Tendos dorp toe gekom het, maar JP wil nie vanaand daaraan dink nie. Ma is ook nie naby om hom te betig omdat hy ‘n kliënt aangaap nie. Vee-vee vorder hy dus heen en weer […]