Afrikaans Karakters Skryfkuns

{11 lekker vrae) vir jou KARAKTERS

vrae vir jou karakters stories afrikaans

Een van my gunsteling dele van die voorbereiding vir ‘n storie, is om vir my karakters allerhande vrae te vra en met hulle onderhoude te voer. Dit is baie waardevol, want dit help my om al die fynere detail van my karakter uit te pluis. Die los idees oor my karakter wat in my kop ronddwarrel word neergepen, en ek kry ook sommer ‘n paar nuwe idees wat ek nooit voorheen aan sou gedink het nie.

Gewoonlik gebruik ek die karaktervrae uit KM Weiland se Outlining your Novel Workbook. Hulle is lekker omdat daar ‘n goeie balans is tussen fisiese goed (haarkleur, liggaamsbou, manier van stap ens.) en persoonlikheidsgoed (foute, sterkpunte, vrese ens.)

Maar wanneer ek klaar is met die gewone vrae, hou ek daarvan om ‘n paar lukrake vrae ook uit te werk. Op ‘n manier wat normale vrae dit nie kan doen nie, help dit my om regtig my karakter as ‘n mens te sien. En buitendien is dit groot pret!

vrae vir jou karakters afrikaanse boeke

LEER KEN JOU KARAKTERS

Hier is ‘n paar lekker en vreemde vrae om vir jou karakter te vra. Onthou net, daar is nie verkeerde antwoord nie! Gee jou verbeelding vrye teuels!

  1. Watse drie ‘memes’ definieër jou karakter?
  2. Terwyl sy in die straat afstap word jou karakter deur ‘n kwaai omie voorgekeer. Dié beweer dat jou karakter hom gisteraand met kaartspeel gekroek het, en hy dring op ‘n verskoning/tweegeveg aan. Hoe reageer jou karakter?
  3. Kan jy jou karakter net met behulp van reuke beskryf?
  4. As jou karakter ‘n roomysgeur was, wat sou dit gewees het?
  5. Watse gewone ding is daar wat jou karakter verskriklik laat gril?
  6. Watter onderwerp sal jou karakter altyd oor argumenteer, ongeag van die omstandighede?
  7. Sou jou karakter iemand doodmaak om ‘n lewe te red?
  8. Wat is, in sy eie woorde, jou karakter se definiesie van ware geluk?
  9. Is daar iets wat jou karakter glad nie kan doen nie, sonder dat hulle dit regtig besef?
  10. Hoe sou jou karakter optreë as sy in die publiek oor haar eie voete val?

Ek hoop hierdie vrae help jou om jou karakter beter te leer ken. As jy wil, antwoord sommer ‘n paar van hulle in die kommentaarboksie hier onder!

margaret autograph

Lewer kommentaar