Die ryk Man

Ryk man aan bedelaar:

“Ek gee jou alles,

in ruil vir ‘n enkele rand.”

Maar ek, ellendige bedelaar,

het niks om vir my verlossing

mee te betaal.

En die ryk Man

hou sy hand uit,

sy deurboorde hand.

“Hier, broer, is jou rand.”

Lewer kommentaar